Ligbaken gemeente
Welkom by Ligbaken Gemeente se Virtuele Bedieningsplatform
Ons besigheid is Christus
Ligbaken Gemeente vier saam fees.
Ons Droom
Ons sien die geloof, hoop en liefde van Christus in almal in die Suide van Johannesburg

Bedieninge na Bo

Ons Erediensbediening reël eredienste wat lede lei om die Drie-Enige God te ontmoet in ‘n Geesvervulde, aanbiddende, liefdes gemeenskap in ons kontemporêre omgewing.

Ons Musiekbediening wil gelowiges in die erediens asook by ander geleenthede lei tot aanbidding van-  en lof aan God binne die ruimte van ‘n persoonlike ontmoeting met die lewende, Drie-Enige God, in die moderne, kontemporêre wêreld.

Ons Gebedsbedieningsgroep organiseer ‘n gefokusde gebedsbediening om gemeente-aktiwiteite en lidmate in nood, te ondersteun.

Bedieninge na Binne

Ons Kleingroepbediening wil soveel as moontlik lidmate betrek by ‘n verskeidenheid weeklikse kleingroepe sodat persoonlike geloofsgroei en onderlinge ondersteuning en liefde tussen lidmate bevorder kan word, en ons getuienis na die gemeenskap versterk kan word.

Ons Pastoraatbediening organiseer hulp aan en ondersteuning van mense in geestelike, sielkundige of fisiese nood.

Ons Toerustingbediening wil soveel as moontlik lidmate organiseer en betrek by gespreksgeleenthede in die gemeente, sodat persoonlike geloofsgroei bevorder kan word.

Ons Samesynsbediening wil die spesiale behoeftes van gemeensaamheid vir die verskeie ouderdomsgroepe, bv. ons jeug en ons seniors, aan te spreek.

Ons Diens van Barmhartigheid wil gemeentelede wat in nood verkeer bystaan.

Bedieninge na Buite

Ons Gemeenskapsdiens ‘wil n verskil in die gemeenskap maak om sodoende Jesus se lig te laat skyn.

Ons Uitreikbediening versprei die Evangelie buite die grense van die gemeente.

Ander Bedieninge
· Gemeente Administrasie en Steundienste
· Finansies en Bates
· Diensverhoudinge

Wie is Ligbaken gemeente?


Missie: Waarom bestaan ons?
Ons besigheid is Christus

Visie: Wat is ons Droom?
Ons sien die geloof, hoop en liefde van Christus in almal in die Suide van Johannesburg

Identiteit: Wie is ons?
· Christus staan sentraal
· Gereformeerde leer
· Geesvervulde, aanbiddende liefdesgemeenskap
· Almal onvoorwaardelik welkom: divers, insluitend, gelykwaardig
· Inspirerende, gedeelde leierskap
· Toegeruste gemeente-lede wat elkeen met en in volle self-vertroue met hul besondere talente dien
· Aktiewe, deurlopende gemeenskapsdiens en -betrokkenheid
· Aanpasbaar, soepel, en spoed

Waardes: Hoe tree ons op?
· Die Woord van God is ons fondament
· Liefde vir God
· Gemeensaamheid: omgee en warmte
· Onkeerbare diensbaarheid
· Bemagtigende, deelnemende geestelike groei in gemeentelede
· Integriteit en geloofwaardig: In gehoorsaamheid aan Christus stem ons woorde en dade ten alle tye ooreen
--- Gestig 1 Junie 2022 ---
--- Founded 1 June 2022 ---

Eredienste en Samesyn
· Eredienste: Sondae 09:00
· Kinderkerk: Sondae 09:00

Bankbesonderhede
Ligbaken Gemeente
ABSA 632005
Nommer: 160580097

Geskiedenis en Inligting


Ons Geskiedenis
· Na samesprekings wat meer as drie jaar geduur het besluit Deo Gloria Gemeenskapskerk, NG Gemeente Mondeor asook NG Gemeente Townsview om op 31 Mei 2022 te ontbind.
· Op 1 Junie 2022 kom die Gemeenteraad van die nuutgestigde Ligbaken Gemeente byeen en word die Gemeente amptelik gestig. Di. Danie van Niekerk, Danielle Laubscher en Dirk Lourens word op 'n tydelike en deeltydse as eerste predikante aangestel.
· Dr. Auce Kompaan is op 21 Januarie 2024 as voltydse leraar bevestig.

Administrasie en Bestuur
· Gemeentebestuurder: Jan Gouws | 082 564 0489 | bestuurder@ligbaken.joburg
· Gemeenteraadsvoorsitter: Theo Veldsman | 082 566 4383 | theveld@mweb.co.za
· Skriba en Finansiële Beampte:  Liesl Maré | 083 461 1334 | admin@ligbaken.joburg
· Koster: Willie Vos | 082 854 8009 | willievos21@gmail.com
· Samesyn: Annie Veldsman | 082 827 9208 | annieveldsman@hotmail.com
· Musiekleier: Deon Roux | 072 323 0720 | cbaroque@hotmail.com

Kantoorure
· Ma-Vr, 08:00 – 16:00

Ons Predikante

Ons predikante bemagtigde lidmate onder leiding van ’n dinamiese kerkraad inisiatief om die Here, mekaar en die gemeenskap in die Suide van Johannesburg te dien.
Dr. Auke Kompaan

Dr. Auke Kompaan

Predikant
083 381 7002
auke@ligbaken.joburg
Ds. Danielle Laubscher-Rheeder

Ds. Danielle Laubscher-Rheeder

Deeltydse Predikant
071 947 3562
daniellelaubscher317@gmail.com
Ds. Danie van Niekerk

Ds. Danie van Niekerk

Pastorale Hulp
067 225 1260
vanniekerkmail@gmail.com

Kom groei saam met ons!

Wil jy meer uitvind oor ons samesyn of bloot administrasie wil afhandel? Hier is die skakel.

Kollig

Ons sien die geloof, hoop en liefde van Christus in almal in die Suide van Johannesburg | We see the faith, hope and love of Christ in everyone in the South of Johannesburg
Clock-time

Die verskil tussen geld en tyd …

Dit was nog nooit sleg gewees om genoeg geld te kon hê nie en niemand sal met my hieroor kan […]

Gratefull

Living with gratitude

It is that time of the year when you wish there will soon be a stop to this roller coaster […]